Linkse Meksikaan wen verkiesing

Die verlinkse kandidaat, Andres Manuel Lopez Obrador, het die presidentsverkiesing in Meksiko met ’n groot meerderheid gewen.

Obrador het meer as 53% van die stemme gekry teenoor die 23% van die kandidaat wat tweede gekom het.

Die Meksikaanse kiesers het die naweek hulle stemme by sowat 7 800 stemlokale uitgebring wat later deur die land se verkiesingskommissie as vry en regverdig verklaar is.

Die vorige president, Jose Antonio Mead, het kort na die uitslag bekend geword het, erken dat hy ’n nederlaag ly en die wenner gelukgewens met sy oorwinning.

President Donald Trump van die Verenigde State het ook sy gelukwense oorgedra aan die nuutverkose president wat eersdaags ingehuldig word.

Meksiko se meer as 85 miljoen kiesers het ook die naweek parlementêre verteenwoordigers in die verskillende deelstate gekies asook burgemeesters regoor die land.

Foto – Andres Manuel Lopez Obrador