Land brand steeds

Terwyl die land die sogenaamde nalatenskap van Madiba vier en dit wil voorhou om ‘n kunsmatige eenheid te bou, is daar totale wanorde en chaos in verskeie dele van die land.

In Hermanus het die gemoedere weer opgevlam en kinders word verhoed om skool toe te gaan en vyf skole is gesluit, terwyl verskeie paaie ook gesluit is.  Skynbaar gaan dit oor swak dienslewering.

In Natal is die Higgingsons-hoofweg vanaf Marianhill deur Chatsworth na Durban  gesluit en veroorsaak groot ontwrigting op die N2. Die N3 hoofweg by Pietermaritzburg is ook weens betogings gesluit. Vragmotorbestuurders en inwoners versper die pad in ‘n noordelike en suidelike rigting.