Land brand maar CR in Mauritanië

Terwyl Suid Afrika steier onder ‘n vlaag van misdaad en anargie is die land se president  saam met vier ministers in Mauritanië om ‘n Afrika Unie byeenkoms by te woon oor hoe om korrupsie in Afrika te bekamp.

Waarnemers sê hy kan inderdaad oor daardie onderwerp met gesag praat uit ondervinding met sy voorganger Jacob Zuma se korrupsie en bedrog. Ramaphosa was op daardie stadium tweede in bevel as visepresident.

‘n Verdere besprekings punt is hoe Afrika getransformeer moet word.  Afrika is reeds getransformeer tot ‘n kontinent van armoede, misdaad, anargie en verval, sê waarnemers.