Kuberkrakers steel duisende pasiënte besonderhede

Ongeveer een kwart van die inwoners van Singapoer se gesondheid rekords het in die hande van kuberkrakers gekom wat daarin geslaag het om in te breek op die land se gesondheidstelsels.

Volgens bronne het die kuberkrakers beplan om die eerste minister, Lee Hsien Loong, wat nou reeds twee keer vir kanker behandeling opgeneem moes word in ’n hospitaal, se besonderhede te kry.

Die regering van Singapoer het die gebeure as baie ernstig beskryf en poog nou om die krakers op te spoor, alhoewel dit ’n uiters moeilike saak is.

Besonderhede van meer as 160 000 van die 1,5 miljoen pasiënte en hulle voorgeskrewe medikasie is deel van die inligting wat die kapers bekom het.

Die minister van gesondheid sê dit is duidelik nie die werk van enkelinge nie, maar wel die van ’n goed beplande aksie deur kriminele kuberkrakers.

Daar bestaan geen sekerheid wat die kuberkrakers met al die besonderhede wil doen nie, maar slagoffers sal weldra uitvind wat gaande is, het ’n hospitaal woordvoerder gesê.