Konstitusionele hof besluit ten gunste van Overvaal

Die Konstitusionele Hof het die Departement van Onderwys se aansoek van die hand gewys waarin hulle teen die hooggeregshof se beslissing geappelleer het. Dié het bevind dat die skool nie die kapasiteit het om Engelssprekende leerlinge in te neem nie.

Die aansoek is met koste van die hand gewys en daar is bevind dat daar twee Engelssprekende skole in dieselfde omgewing is en die departement het nie die skole se kapasiteit ondersoek nie.

Daar is verder bevind dat die twee skole wel die kapasiteit gehad het om die leerlinge in te neem.

Die VF Plus gaan nou daarop aandring dat Lesufi, die Gautengse LUR wat die saak met passie gedryf het, in die wetgewer moet verduidelik wat hierdie appélsaak die belastingbetaler gekos het aangesien hierdie saak met koste van die hand gewys is.  Hulle glo Lesufi moet persoonlik pa staan vir die kostes verbonde aan die saak.