Kevin Anderson deur na halfeind op Wimbledon

Die Suid Afrikaanse tennisspeler, Kevin Anderson, het die eerste Suid-Afrikaanse speler in 35 jaar geword om deur te dring tot die halfeindronde van Wimbledon.

Hy het die eerste gekeurde Roger Federer in ‘n titaniese stryd uitgeskakel.