Jeremy Hunt word Buitelandse Sake minister

Brittanje se eerste minister, Theresa May, het die sekretaris van gesondheid aangewys as die land se nuwe minister van buitelandse sake in die plek van Boris Johnson wat onverwags bedank het.

Jeremy Hunt sal onmiddellik die amp as minister van buitelandse sake beklee as ’n persoon wat in teenstelling met sy voorganger, pro-Europese Unie lidmaatskap is.

Boris Johnson het bedank en as rede aangevoer dat die onderhandelings nie goed verloop vir Brittanje nie omdat “te veel, te gou weggegee is” aan die Europese Unie.

Dit is bekend dat Johnson pro-uittrede uit die EU voorgestaan het tydens die referendum, maar deurgaans as premier May se getroue ondersteuner gebly het tot verlede Maandag toe hy onverwags bedank het kort nadat David Davies as hoofonderhandelaar sy bedanking aan die premier gegee het.

Foto – Jeremy Hunt