Immigrante land per vliegtuig in Rome

Groot ontevredenheid heers in die geledere van die nuwe regering in Italië nadat ’n vliegtuig met onwettige immigrante uit Somalië en Eritrea in Rome aangekom het.

Onbevestigde berigte dui daarop dat meer as ’n 100 mense uit die twee lande passasiers was van die vliegtuig wat Donderdag in Rome geland het.

Dit is glo deel van ’n nuwe inisiatief om mense vinnig en veilig uit Afrika na Europa te vervoer sonder om die see te trotseer.

Dit is nie bekend wie die finansiers is van die projek nie, maar die owerheid in Italië is nie tevrede met die nuwe wending nie.

Italië is vas van plan om onwettige immigrante te weier, maar dit is onduidelik wat die regering gaan doen om sulke gevalle te hanteer.