Hongarye steun VSA immigrasie beleid

Hongarye sal nie die Verenigde Nasies se dokument aangaande globale immigrasie onderteken nie en steun die Amerikaanse president wat ook te kenne gegee het dat die konsep dokument van die VN nie onderteken sal word nie.

Die Hongaarse premier, Viktor Orban, het reeds by verskeie geleenthede sterk standpunt ingeneem teen die onwettige immigrante uit die Midde-Ooste en uit Noord-Afrika lande.

Die Hongaarse minister van buitelandse sake, Peter Szijjarto, het verwys na die VN se beleidsdokument oor immigrante en gesê dit is ’n “bedreiging teen die wêreld” en druis in teen sy land se beginsels.

Die dokument getitel “Global Compact for Safe, Orderly and Regular Migration“ het die VN 18 maande geneem om gereed te maak, en is deur 191 lidlande aanvaar behalwe die Verenigde State van Amerika wat geweier het om dit te aanvaar omdat dit bots met sy eie binnelandse beleid oor immigrasie.

Foto – Premier Viktor Orban