Hongarye roep Europese konserwatiewes tot eenheid

In ’n toespraak wat die Hongaarse Eerste Minister, Viktor Orban, gelewer het in Roemenië, vra hy nie net dat Christelike demokrasie uitgebou moet word nie, maar dat konserwatiewes in Europa ’n sterker eenheid moet vorm.

Hy het gewaarsku teen die gevare van immigrasie uit nie-Christelike lande, en bygevoeg dat multi-kulturele samelewings ’n gevaarlike situasie in ’n land kan word.

Primer Orban het van die geleentheid gebruik gemaak om sy beskouing vir die Europese kontinent uiteen te sit, en gesê konserwatiewes in Europa moet in gedagte hou dat Europa weer volgende jaar verkiesing moet hou in die Europese Unie.

Hy sê die tyd het aangebreek dat konserwatiewes in die Europese lidlande nou moet verenig ter wille van die demokrasie van die kontinent.

Orban sê die huidige Europese Kommissie is ’n simbool van mislukking en Europa moet gered word van die euwel van massa immigrasie uit die Midde-Ooste en Afrika.

Hy sê Europa moet nou ’n nuwe model instel, wat anti-immigrasie, anti-multikultureel is en eerder ’n Christelike familie model hervestig.

Foto – Premier Viktor Orban