Hommeltuig ingespan teen kokaïen produksie

Die aankondiging van die Verenigde Nasies dat die produksie van kokaïen dramaties gestyg het in die afgelope tyd, het die regering van Columbië laat besluit om nuwe metodes aan te wend in die bestryding van dwelmmiddels.

Volgens die VN verslag het die produksie van kokaïen met 20% gestyg in een van die wêreld se grootste produsent, Columbië.

Nou word hommeltuie ingespan om te spioeneer op die produksie gebiede wat meestal in bergagtige streke voorkom omdat dié afgeleë is en moeilik bereikbaar vir polisie taakspanne.

Voorheen is vliegtuie gebruik, maar die produsente het dit gou agtergekom en die gebied vinnig verlaat voor die polisie kon opdaag.

President Juan Manuel van Columbië het aangekondig dat die hommeltuig-projek die polisie in staat stel om vinnig t reageer nadat besonderhede vanaf die hommeltuig ontvang is.

Die hommeltuie word ook gebruik om die kokaïen plantasies te bespuit  met gifstof wat die plante laat vrek en onbruikbaar maak.

Baie van die kokaïen word in die VSA versprei wat die Amerikaanse regering verplig het om sowat $10 miljard aan Columbië te skenk oor ’n tydperk van 15 jaar in ’n poging om ondersteuning te gee aan die bestryding.