Grondbesetting by Pietermaritzburg

Haniville in Pietermaritzburg was die toneel van nog ‘n grondbesetting deur plakkers van Haniville, Copesville en Sobantu.

Klagtes van “inwoners” dat hul sedert 2004 wag vir laekoste behuising word aangevoer vir die besetting. Wetstoepassers hou slegs die situasie dop sonder om skynbaar iets aan die onwettige besetting te doen.

Intussen het Metro polisiebeamptes strukture verwyder in Ennerdale na onwettige strukture daar opgerig is.