Griekeland brande eis lewens

Die verwoestende brande in Griekeland, te midde van ’n hittegolf wat alles verskroei, het nie net 74 lewens geëis nie, maar ook talle huise en ander eiendom verwoes.

Die jongste berigte dui daarop dat baie motorvoertuie in die woeste brande vernietig is, en na raming het meer as ’n honderd wooneenhede tot op die grond verbrand.

Mense moes die see in vlug om die verterende vuur vry te spring, en talle ouer mense het in die proses in die vlamme doodgebrand.

Ou inwoners van die vakansiedorp buite die hoofstad het swaar verliese gely, en baie mense moes uit hulle motors wegvlug toe ’n verkeersknoop tientalle voertuie tot stilstand gedwing het terwyl die vlamme nader gekom het.

Van die ouer inwoners in Griekeland sê hulle het nog nooit so ’n vernietigende vuur gesien nie, wat aangeblaas is deur ’n ongekende sterk windstorm.