Grahamstad word nou Makanda

Die Oos-Kaapse dorp Grahamstad gaan binnekort duisende rande moet spandeer met die voorgestelde naamsverandering wat gaan plaasvind.

Die naamsverandering is in die Staatskoerant afgekondig en die dorp sal voortaan Makhanda heet as eerbetoning aan die Xhosa filosoof, profeet en vegter, Makhanda Nxele.

Hy het glo in ‘n enkele geveg teen Britse koloniale troepe geveg en die naamsverandering sal die “bitter en pynvolle gebeure” van die verlede glo uitwis.