FUL dreig Abrahams met hof

Die groep FreedomUnderLaw (FUL) berei hul voor om Shaun Abrahams, hoof van Nasionale Vervolgingsesag (NVG), voor die hof te daag.

Volgens FUL is Abrahams bewus daarvan dat sy adjunk, Nomgcobo Jiba, op spesiale verlof geplaas is maar sy is twee keer opgemerk by die NVG se kantore.

Die Pretoriase hooggeregshof het Jiba verbied om die kantore van die NVG te besoek, wat beteken dat sy waarskynlik skuldig kan wees aan minagting van die hof.

Beide Jiba en Lawrence Mrwebi is geskrap van die rol van advokate.

Foto: Shaun Abrahams