Franse robot maak pizzas

’n Franse maatskappy het na vore gekom met ’n robot wat pizzas maak, en het daarmee die pizza liefhebbers aan die gons.

Die robot kan selfs die tamatiesous eweredig oor die pizza aanwend, enn plaas dit ewe netjies in die pizza karton waarna dit in agt dele gesny word.

Die eienaars se die robot is ’n nuwe wêreld se chef wat voldoen aan die hedendaagse leefstyl waar almal haastig is en gou bedien wil wees.

Hulle sê die werkende mense het kwalik 30 minute om ’n middagmaal te geniet, en as hulle dan nog lank moet wag vir ’n pizza, word die tyd om rustig te eet, te min.

Die robot is geprogrammeer om verskeie pizzas gelyktydig te maak, en sy drie arms sorg dat daar elke 30 sekondes ’n pizza gereed is, en kan tot 120 in ’n uur gereed maak terwyl ’n oormoeg mens hoogstens 40 in dieselfde tyd kan maak.

Die robot word nie moeg nie en sal nie by stakings betrokke raak nie, sê die vervaardigers.