Franse Front Nasionaal word ondersoek

Miljoene euro wat aanvanklik aan die nasionalistiese Front Nasionaal van Marine Le Pen toegesê is, word nou teruggehou weens beweerde onreëlmatighede wat in die party ondervind is.

Bewerings word gemaak dat Le Pen se party, waarvan sy die leier is, skuldig kan wees aan korrupsie wat verband hou met openbare geld wat wanaangewend is.

Twee senior ondersoekers het beslag gelê op fondse wat toegedeel is aan die party, en wat Maandag oorbetaal sou word.

In ’n brief aan die ondersoekers skryf Le Pen dat die optrede onregmatig is en die party in ’n finansiële krisis dompel wat kan lei tot die ontbinding daarvan.

Vroeër is Le Pen skuldig bevind aan ’n misdryf wat verband hou met haar beweerde indiensneming van iemand as beampte waarvoor die Europese Unie vergoeding sou betaal, maar wat later bevind is dat die persoon nie in haar diens is nie.

Intussen het Le Pen die voorstel ingedien dat Front Nasionaal se naam verander word tydens die komende kongres.

Foto – Marine Le Pen