EU moet strenger grensbeheer toepas

Oostenryk se kanselier, Sebastian Kurz, het ’n ernstige waarskuwing gerig dat Duitsland se nuwe immigrante ooreenkoms kan lei tot ontevredenheid in Italië en Slowenië waar grens kontrolepunte is.

Duitsland se Angela Merkel moes inderhaas ’n ooreenkoms bereik met die voorsitter van die Christen Sosiale Unie wat ook haar minister van binnelandse sake is, en wat byna uit die koalisieregering bedank het.

Nou het die konserwatiewe kanselier van Oostenryk, Sebastian Kurz, sy stem laat hoor deur die belangrikheid te onderstreep van behoorlike grensbeheer vir Europa toe te pas.

Dit is bekend dat die Oostenrykse kanselier en die Duitse minister van binnelandse sake eenders dink oor wat gedoen moet word om Europa te beveilig teen massas onwettige immigrante uit veral Afrika lande.

Kanselier Kurz geniet tans groot aansien in Europa nadat hy aangewys is as die ses maande lange president van die Europese parlement.

Die Duitse minister van binnelandse sake, Horst Seehofer, het vroeër die week gedreig om te bedank as hy nie sy sin kry oor immigrante en behoorlike grensbeheer nie.

Waarnemers meen kanselier Kurz se waarskuwing aan Duitsland kan ook ander lande soos Italië, Pole en Hongarye beweeg om dieselfde waarskuwings te rig tot Angela Merkel se koalisieregering.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz