EU lande kry ooreenkoms oor immigrante

Die leiers van die Europese Unie het uiteindelik ’n ooreenkoms bereik  oor onwettige immigrante nadat die vergadering tot na middernag gehou moes word.

In die vroeë oggendure van die afgelope Vrydag het leiers daarin geslaag om die eise van die nasionalistiese premier van Italië, Giuseppe Conte, te ontmoet.

Om Italië te bevry daarvan dat hy, soos in die verlede, alleen verantwoordelik gehou word vir die ontvang en bestuur van onwettige immigrante uit Afrika lande, het die leiers ingestem om mede verantwoordelik op te tree en daarmee Italië se ongevraagde las te verwyder.

’n Gekontroleerde sentrum sal ingestel word waarheen asielsoekers verplaas word om Italië nie alleen opgesaal te laat met die probleem nie.

Die leiers het ook gehoor gegee aan Italië se eis dat groter en beter staats- en regeringsbeheer toegepas sal word op die Europese buitegrens deur strenger bewaking ingestel te kry.

Verder sal Frontex, die Europese grens organisasie veertienvoudig vergroot om te verseker dat grensbewaking doeltreffend toegepas word.

Politieke ontleders sê die nuwe reëls is aanvaar ten einde te verseker dat Italië se nasionaliste nie die finale breuk veroorsaak wat die EU kan kelder nie.

Afsprake sal met Afrikalande se leiers gemaak word in ’n poging om sentrale kampe in te rig in hulle lande om daarmee te probeer voorkom dat hulle na Europa verhuis.

Die ooreenkoms word egter deur kenners bevraagteken en die mening bestaan dat dit nie lank staande sal bly nie weens die vaagheid daarvan.

Intussen het ’n nuwe krisis opgeduik toe sowat 100 Libiese mense probeer het om in Italië af te klim, maar deur die hawe owerheid geweier is.

Foto – Premier Giuseppe Conte