Eskom herwin R5 miljoen goedere

Meer as R5 miljoen se gesteelde eiendom van Eskom is opgespoor by ‘n perseel in Muldersdrift.

Koperkabels en aluminium is op die perseel gevind en een verdagte is gearresteer.

Volgens ‘n Eskom woordvoerder word bykans R6 miljard se kabels per jaar gesteel maar die groot probleem ontstaan wanneer kabeldiefstal tot kragonderbrekings lei.

Veral  klinieke word geraak waar pasiënte op lewensondersteunende toerusting gekoppel is.