Eskom grootkop bedank

Eskom kan nie daarin slaag om sy sake in orde te kry nie.

Die uitvoerende hoof van sekuriteit by Eskom, Tebogo Rakau, het skielik bedank. Hy was skynbaar ‘n voormalige brigadier-generaal in die weermag.

Rakau is in 2015 deur Brian Molefe aangestel en dit lyk of ‘n interne ondersoek daartoe gelei het dat hy bedank het.

Molefe, Rakau en Anoj Singh het al drie die diens van Eskom verlaat onder ‘n wolk van beweerde korrupsie.