E-Tol se dae getel

David Makhura het na sy verkiesing as ANC provinsiale leier in Gauteng  gesê dat die e-tol stelsel nie werk nie en dat hy die president gaan sien om die stelsel te skrap.

Die ANC se provinsiale sekretaris Jacob Lhawe sê: “…die e-tol stelsel moet gaan – weg met e-tol”.

Hier erken die ANC dat nog ‘n stelsel wat deur hulle geïnisieer en geïmplementeer is,  misluk het. Waarnemers sê hulle moet nou nog net erken dat die party per se ook misluk het en die land in die afgrond bestuur het.