Duitse hof beslis oor Puigdemont

Die voormalige president van die Spaanse deelstaat Katalonië, Carles Puigdemot, kan nie aan Spanje uitgelewer word weens beweerde rebellie nie.

Die Duitse hof het bevind dat Puigdemont wel uitgelewer kan word vir wanaanwending van fondse vir die finansiering van ’n referendum in Katalonië.

Puigdemont het vrywillig sy land verlaat nadat die vorige regering van Spanje besluit het om die separatiste leiers van die deelstaat in hegtenis te neem en te vervolg.

Die Spaanse hoërhof het beslis dat ’n uitleweringsbevel uitgereik mag word teen Puigdemont, maar die Belgiese owerheid het geweier om daaraan te voldoen en gesê die korrekte optrede word nie gevolg deur Spanje nie.

Duitsland se polisie het Puigdemont in hegtenis geneem toe hy van Skandinawië teruggekeer het na België, waarna hy verhoor is ingevolge die uitleweringsbevel.