Dawie Roodt skets bleek prentjie vir SA

Die afgelope week het die ekonoom, Dawie Roodt, ‘n baie donker prentjie geskilder vir Suid-Afrika se toekoms.

Volgens Roodt is SA op dieselfde pad as Somalië en Zimbabwe.

Roodt is in die liberale pers afgemaak as “histeries” maar hy sê dat die land op ‘n gevaarlike pad is met skuld wat opwaarts spiraal en hy waarsku dat sou die staat die Reserwebank oorneem en geld gaan druk, dit tot hiper inflasie sal lei.

Die staat is sonder geld en ‘n derde van die land se BBI word deur die staat spandeer  aan pensioen, toelaes en onderwys en met die komende verkiesing sal die staat nie sny aan die uitgawes nie.

Hy sluit af en waarsku teen ‘n totale verval van die staat met gepaardgaande politieke onsekerheid, protes optredes wat kan lei tot ‘n diktatorskap of die aankondiging van ‘n noodtoestand.