Chaos breek los in Merkel regering

Chaos het losgebars in die koalisieregering van Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland toe haar mees getroue bondgenoot, Horst Seehofer, sy bedanking aangekondig het.

Die minister van binnelandse sake het vroeër gewaarsku dat hy gaan bedank as die samesprekings van die naweek nie lei tot besluite wat hom pas nie.

Hy het egter niks gesê na afloop van die gesprek met kanselier Merkel en die ander koalisie vennote nie, maar Sondagaand aangekondig dat hy bedank as minister van binnelandse sake.

Horst Seehofer het ook gesê hy tree uit as voorsitter van die Christen Sosiale Unie (CSU) van Bavaria, wat allerweë beskou word as die susterparty van Duitsland se Christen Demokratiese Unie wat reeds sedert 1948 saamwerk.

Die CSU leiers het egter nie hul voorsitter se bedanking aanvaar nie, en dringende gesprek met hom aangevra, waarna ’n “tussenstap” aanvaar is wat beteken dat die minister sy amptelike bedanking in beide poste terughou.

In ’n opvolg gesprek met die kanselier het die twee Christelike partye mekaar weer gevind en is ’n oplossing gevind wat die minister tevrede hou.

Konflik met Angela Merkel oor haar onwettige immigrante beleid kom reeds sedert 2016, en die jongste optrede laat die regerende Merkel koalisie in ’n gevaarlike doodloopstraat.

Die minister het geëis dat streng beheer op die grens tussen Bavaria en Oostenryk ingestel word ten einde te voorkom dat ongewenste elemente in die konserwatiewe deelstaat Bavaria in kom.

Foto – Minister Horst Seehofer