Brandstofprys en jy

Berekeninge is gemaak rondom brandstofpryse, en die volgende statistiek toon waar Jan motoris se geld heen gaan:

Brandstof kos 750,07 sent afgelewer by die raffinaderye.  Dan kom die brandstofheffing van 337sent, die Pad Ongelukke Fonds heffing van 193 sent, stoorkoste, hantering en verspreiding kom op 34,5 sent te staan. Vulstasie of te wel kleinhandel marge is  187,2 sent terwyl die groothandel marge 34 sent is.  ‘n Verdere doeane en aksyns van 4 sent word dan ook gehef. Sone verskil is ‘n verdere 51,7 sent en aanvraag kant bestuur heffing is 10 sent en petroleum produkte heffing is ‘n verdere 0,33 sent met ‘n 0,2 sent afronding.

Dit blyk uit inligting wat bekom is by die Departement van Energie.