Brandstofdiefstal gaan voort

Die staat se “gewettigde” brandstogdiefstal sal eerskomende Woensdag weer voortgaan met ‘n verhoging van die prys van petrol tussen 23 en 26 sent per liter, terwyl diesel tussen 24 en 26 sent per liter gaan styg.

Dit sal die brandstofpryse vir die eerste keer tot bo R16 per liter opjaag.

Soos voorheen gemeld is heffings deur die staat verantwoordelik daarvoor dat SA motoriste meer vir brandstof betaal as wat motoriste in Namibië, Botswana en Lesotho betaal wat brandstof invoer vanuit SA.

Intussen het ‘n nuwe organisasie die lig gesien. PAPPI staan vir People Against Petrol and Paraffin Price Increase. Hulle sê die hoër pryse raak almal, en het ‘n beroep op motoriste gedoen om vandag tussen 7 en 8 uur hulle voertuie op veilige plekke te stop en vir tien minute af te skakel uit protes teen die verhoging.

Die feit dat die rand weer in waarde gedaal het as gevolg van regeringsbeleid, is een van die groot redes vir die styging, en kan daarom voor die deur van die regering gelê word.