Brandbestryders in verbete stryd gewikkel

Brandbestryders in Amerika se stryd woed onverpoos voort, en die brande wat nou selfs tot in Kanada en Alaska vernietigend woed, het nou op 17 plekke losgebars.

Met brande in die suide van die Amerikaanse deelstaat Texas, tot in die vêrste noorde van Alaska en Kanada maak di al moeilike vir die brandbestryders.

Die 130 verskillende brande wat oor die gebied woed, het nou die lewe van nog ’n brandweerman geëis wat die dodetal op ses te staan bring.

In Noord-Kalifornië het 360 vierkante kilometer onder die vlamme deurgeloop sedert verlede Maandag, en meer as 500 geboue is vernietig, waarvan 300 woonhuise is.

Bykans 40,000 mense moes huis en haard los in die stad Redding ten noorde van Sacramento om nie deur die vlamme verteer te word nie.

Benewens ’n aantal helikopters wat help, is 12,000 brandbestryders betrokke om die vure te bestry wat deur sterk wind oorgejaag word.