Binnelandse Sake DG bedank

Malusi Gigaba het bevestig dat die direkteur-generaal van binnelandse sake , Mkuseli Apleni (foto), bedank het en ‘n nuwe beroep in die privaat sektor gaan soek.

Apleni is in September onregmatig geskors deur die destydse minister van binnelandse sake, Hlengiwe Mkhize.

Apleni het die Guptas se aansoek om burgerskap bevraagteken omdat hulle volgens hom nie aan die minimum tydsvereistes voldoen het nie. Sy besluit is toe deur Gigaba teruggetrek en burgerskap is aan die gebroeders verleen.

Nou prys Gigaba hom vir sy 10 jaar goeie diens maar erken terselfdertyd dat die departement ‘n tekort van    8 000 werknemers het.