Bekende digter vermoor

‘n Betreklik bekende digter, Tom Gouws, is in sy huis doodgeskiet deur swart aanvallers.

Gouws, wat woonagtig was op ‘n sogenaamde sekuriteitslandgoed buite Lynnwood, is aangeval nadat hulle by die huis aangekom het.  Sy vrou en seun is nie beseer in die aanval nie.

Volgens die polisie het sewe mans die gesin ingewag by hul huis en oorval. Daar word ‘n handsak, loopfone en ‘n skootrekenaar vermis.

Vrae ontstaan hoe so ‘n groot bende ongesiens by ‘n veiligheidskompleks kan inkom en rondbeweeg.

Tom was ‘n kranige skrywer en digter en het verskeie toekennings ontvang vir sy werke.

Hy laat sy vrou, ses kinders en kleinkinders agter.