ANC soek hulp by Sjinese

Die ANC gaan amptenare van Sjina inbring om hul kommunikasie strategie “skerper” te maak met die oog op die verkiesing in 2019.

Dit blyk uit ‘n verklaring van Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC.

Drie honderd ANC lede gaan Sjina toe gestuur word om by die Kommunistiese Party van Sjina meer te leer oor dissipline en lojaliteit.

Ontleders reken hulle moet eerder geleer word van self werksaamheid, instandhouding en onderhoud, want dan kan die land daarby baat.