ANC Jeugliga bankrot

Die ANC Jeugliga is in die Johannesburgse hooggeregshof bankrot verklaar.

Dit volg nadat die liga nie hul regskoste rekening kon betaal nie.

In stukke in die hof het dit geblyk dat die liga  ‘n gewoonte het om nie hul rekeninge te betaal nie.

Die  ANC sal waarskynlik ‘n reddingsboei uitgooi om die instelling aan die gang te hou. Dit sal egter nie die bankrot verklaring tot niet maak nie, en daar sal waarskynlik ‘n nuwe entiteit vir die ANC jongelinge gestig moet word.

In hierdie geval dateer die skuld nog vanuit die tyd toe Julius Malema en sy trawante nog in beheer van die ANC Jeugliga was.