Agt jarige slaag matriek

’n Agt jarige seuntjie van België wat slegs vir 18 maande in die hoërskool was, het matriek met lof geslaag en is nou op pad na ’n universiteit.

Laurent Simons (8) is die seun van sy Belgiese vader en Nederlandse moeder en het pas gematrikuleer terwyl sy “klasmaats” van weleer nog sukkel met graad 4 se werk.

Pa Alexander se hulle is ongelooflik trots op die knaap wat so suksesvol is op akademiese gebied, maar hulle weet nog nie na watter universiteit hy sal gaan nie.

Vanweë sy jeugdige ouderdom, het die ouers dikwels moeite ondervind om die administratiewe sake van hulle skrander seun afgehandel te kry, anders kon hy selfs “nog vroeër” sy skoolloopbaan voltooi het”.

Hulle het reeds talle aanbiedinge van verskillende akademiese instellings ontvang waar hy sy akademiese jaar sal begin, maar ’n finale besluit is nog nie geneem nie.

Alhoewel hy talle aanbiedinge uit die buiteland ontvang het, glo sy ouers dat een van die binnelandse instellings die beste vir hom sal wees.