Aardbewing skud Indonesies eiland

Die Indonesiese eiland Lombok is die naweek deur ’n geweldige aardbewing geskud met ’n krag van 6,4 wat op die Richterskaal geregistreer het.

Volgens die owerheid se woordvoerder in minstens tien mense gedood en veertig het ernstige beserings opgedoen.

Tientalle geboue, waaronder ’n groot aantal woonhuise, het inmekaar getuimel en is onherstelbaar beskadig wat baie mense dakloos laat.

Paniek het losgebars to daar kort na die voorval etlike naskokke gekom het toe dit verdere intuimeling van strukture veroorsaak het.

Na afloop van die hewige aardbewing is meer as veertig naskokke gevoel, waarvan die eerstes so sterk was dat dit beskadigde geboue verder beskadig het.

Die ergste naskok het 5,7 op die Richterskaal gemeet wat kenners laat dink dat dit selfs as tweede skudding beskou kan word.

Honderde inwoners moes die eerste nag in die opelug deurbring, en baie weier om terug te keer na hulle beskadigde wonings.

Die eiland wat uiters gewild is onder toerisme, het intussen tot stilstand gekom en sal waarskynlik nie gou herstel van die omvangryke skade aan struktuur nie.