75 skole gesluit in Kimberley

Vyf en sewentig skole is in die Sol Plaatje munisipale gebied gesluit weens die voortslepende onrus.

Kimberley was die afgelope twee weke in chaos met die polisie en protesteerders wat kort-kort handgemeen geraak het.

‘n Biblioteek in die Galeshewe gebied is ook afgebrand.