Zuma hou “gebedsaksie “ teen misdaad

Dit is amper lagwekkend as daar gekyk word na Jacob Zuma se nuutste missie van “nasiebou”.  Die gebedsaksie is deur Zuma geloods “teen misdaad as vyand van die ekonomie”.

Zuma sal die aksie onderneem saam met Rastafariërs, Hindoes, Shembe en Khoisan geloofsgroepe.

Ontleders soos Wayne Duvenage van OUTA sê dat dit net in Afrika kan gebeur dat daar binne een week ‘n bedrieër (Yengeni) aangestel word om korrupsie te beveg en  Zuma ‘n gebedsaksie loods teen misdaad.

Kerke word nou weer eens, soos in die verlede, misbruik om aan politici die geleentheid te gee om hul platforms te misbruik.