Zuma faksies ondermyn Ramaphosa

Politieke ontleders meld dat Cyril Ramaphosa ‘n groot politieke terugslag beleef het nadat die nasionale uitvoerende komitee van die ANC toegelaat het dat ‘n onwettige provinsiale uitvoerende komitee in die Vrystaat vergader het.

In Noordwes moes hy ‘n kompromie aangaan  rondom die nuwe premier se aanstelling.

Intussen is daar in Natal openlike ondersteuning vir Zuma, selfs in Ramaphosa se teenwoordigheid.  In die Oos-Kaap beveg die Zuma faksie die wettigheid van die provinsiale uitvoerende komitee wat Ramaphosa teun.

Soos reeds berig word  Ramaphosa verhinder om drastiese stappe te neem teen korrupsie uit vrees vir teestanders soos Magashule en Mahumapelo. Selfs regter Malala praat van ‘n “ vuil oorlog” deur die Zuma faksie terwyl diefstal en bedrog voortgaan.