Word VSA Diplomate geteister?

’n Span mediese deskundiges uit Amerika het vroeër die week in Sjina aangekom om ondersoek te doen op diplomatieke personeel wat gekla het van abnormale klanke en drukking wat hulle ervaar.

Die klagte kom ooreen met die van diplomate wat ’n jaar gelede in Kuba dieselfde probleem ondervind het en uiteindelik met ’n gehoor probleem gesit het en teruggekeer het na die VSA om behandeling te ontvang.

Amerika het verskeie diplomate uit Sjina teruggeroep nadat mediese toetse getoon het dat van die personeel erg ly aan vreemde simptome soos wat in Kuba ondervind is in 2017.

Minstens twee diplomate is reeds teruggestuur na die VSA nadat hulle gekla het dat hulle “snaakse geluid in Sjina” hoor wat baie irriterend is.

Die Amerikaanse departement se woordvoerder, Heather Nauert, sê die personeel wat teruggeroep is, sal verdere mediese ondersoeke ondergaan by die Universiteit van Pennsylvania.

Die minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, het intussen aangekondig dat ’n spesiale taakmag aangewys is om die hele aangeleentheid te ondersoek.

Foto – VSA ambassade in Beijing