Wes-Kaap loof beloning uit

Die Wes-Kaap regering het die gewapende rooftogte by skole skerp gekritiseer en ‘n beloning van R10 000 is uitgeloof vir enige inligting rakende die rooftogte.

Daar word al gevra of daar dalk nou ook by skole wagte aangestel sal word, soos reeds gebeur by Oos-Transvaal se hospitale en klinieke.