Wêreld Nuusflitse – 27 Junie

Meksiko

Al die lede van die polisiediens van ’n dorp in Meksiko is in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat een van die polisiebeamptes vermoor is.

 

Sjina

In Sjina is ’n hommeltuig gebou wat so na aan ’n duif lyk dat die voëls self ook verward geraak het en nie kon onderskei tussen die werklike en nagemaakte voël nie.

 

VSA

’n Jongeling van Frankryk het glo per abuis die grens tussen Kanada en Amerika oorgesteek, en is in die VSA kant gevange geneem en vir twee weke toegesluit.

 

Europa

Harley-Davidson motorfiets vervaardiger gaan van sy modelle se vervaardiging verskuif om die Europese invoerbelasting op Amerikaanse goedere vry te spring indien dit nodig word.