Weer ‘n moer los by Pelindaba?

‘n Veiligheidsvoorval by die Pelindaba kernfasiliteit buite Pretoria het veroorsaak dat die NTP Radio-isotopiese aanleg afgesluit moes word.

Noodsaaklike kern medikasie en bestralingsgebaseerde  produkte word hier vervaardig.

Volgens senior personeel is die SA Kern Energie Korporasie (Necsa) die sondebok nadat ‘n buitengewone styging in die waterstof vlakke plaasgevind het.  Indien die aanleg nie afgeskakel is nie kon daar ‘n “ontploffing” gewees het.

Necsa skuil agter die “geklassifiseerde” inligtingsklousule maar probeer die insident afmaak as “klein”.

In November is die aanleg deur Necsa aangespreek weens verkeerde kalibrasie tydens waterstof metings.  Die nuwe bestuur wat sedert November ingebring is, is klaarblyklik ook nie in staat om hul werk behoorlik te verrig nie.  Verskeie senior bestuurders wat die besturende direkteur, Tina Eboka insluit, is vinnig in November op spesiale verlof geplaas.  Haar verhoor is na ses maande nog nie afgehandel nie.

Bekommerde personeel het reeds in Februarie die minister van energie skriftelik in kennis gestel dat “persone wat nie gekwalifiseerd is en/of die nodige ondervinding het” aangestel word by die fasiliteit.

Die sluiting van die fasiliteit bedreig die globale voorsiening van medikasie.