Warmbad brandweer het pap wiel

Warmbad is die afgelope tyd deur verskeie vreemde brande geteister.

Verlede jaar het die Spar winkel in die dorp afgebrand, en boere het met vuurvegters gehelp om die brand te blus omdat die brandweer dit nie alleen kon doen nie.

Enkele weke gelede het enkele geboue by die Waterfront afgebrand, en die oorsaak van die brand is steeds nie bekend nie.

Verlede nag het die Kingfisher gastehuis se restaurant en selfsorg eenheid afgebrand.

Skynbaar kon die brandweer nie uitkom nie as gevolg van ‘n band wat pap was.