VSA bedank VN Menseregte Raad

Die Trump-administrasie in Amerika het aangekondig dat hy nie langer lid sal wees van die Verenigde Nasies se Menseregte Raad nie.

Volgens die regering is dié raad bevooroordeeld teen die Israelse regering en kan die VSA nie daarmee saamgaan nie.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, en die VN ambassadeur, Nikki Haley, het bekendgemaak dat Amerika hom nie kan vereenselwig met die besluite van die Menseregte Raad nie, en sal derhalwe nie langer deel van die raad uitmaak nie.

Tydens die jongste sitting van die raad het die VSA ook die wind van voor gekry oor sy immigrasie beleid, en het die meerderheid van die 47 lande se verteenwoordigers teen die Amerikaanse optrede gestem.

Die beswaar wat teen die VSA se immigrasie beleid ter sprake is, handel oor die skeiding van immigrante se kinders weg van hulle ouers en die “onwettige” oor die grens stuur van die kinders wat as ’n “gruwelike onreg” beskou word. Hierdie praktyk is inmiddels beëindig.

Foto – Nikki Haley