Vrystaat wetgewer gee Vrede base kwytskelding

Die gesamentlike provinsiale komitee van openbare rekeninge en finansies in die Vrystaatse wetgewer het met die ANC meerderheid besluit dat Ace Mahashule, vorige premier, en twee vorige LUK’s vir landbou  nie vrae hoef te beantwoord in die wetgewer se vergadering rondom die miljoene wat verkwis is in die Vrede Melkplaas projek nie.

Die drie se rol in die projek is na bewering so afgewater deur die Openbare Vervolger, Mkhwebane, dat hul skotvry gaan kom.

Ontleders sê die boodskap wat uitgaan van die ANC hiermee is dat hulle hul kaders sal beskerm, kom wat wil.