Vlieënde taxi word moontlikheid

’n Vlieënde taxi is moontlik die volgende tegnologiese prestasie, en kan in Duitsland bewaarheid word deur die samewerking van die regering, Audi, en Airbus.

Die projek is reeds in ’n gevorderde stadium wat kan meebring dat ’n taxi sy passasier kan op pik en elders kan gaan aflaai teen ’n redelike spoed wat immers sal verseker dat die passasier gouer, en betyds by sy bestemming aankom.

Vlieënde “motors” kan dus ’n algemene gesig word in die toekoms, en kan dalk ’n droom van dekades bewaarheid, en die Duitsers is tans besig om hierdie moontlikheid tot werklikheid te bring.

In Bavaria, die tuiste van Audi motorvervaardiger, word die afrondingswerk gedoen in samewerking met Airbus en die regering.

Die Duitse minister van vervoer, sowel as die Bavaria minister van vervoer, ’n die burgemeester van Ingolstadt werk ten nouste saam om hierdie duur projek te finansier wat deur Audi en Airbus aangepak is.