Vier lughawens se name op die spel

Die lughawensmaatskappy Acsa en die Departement van Vervoer het aangekondig dat vier lughawens se name “so gou moontlik” verander gaan word.

Die vier is: Kaapstad Internasionale Lughawe, Port Elizabeth Lughawe, Oos-London en Kimberley lughawens.

Kaapstad is klaar geoormerk om na die terroris en kommunis Nelson Mandela vernoem te word aldus  Blade Nzimande.

Die enorme koste verbonde aan die naamsveranderings sal en gaan nie in berekening gebring word nie.

Intussen is daar groot debat aan die gang tussen die sogenaamde San gemeenskap wat die lughawe nie na Mandela, hetsy Nelson of Winnie, wil vernoem nie maar na een van hulle beweerde voorsate.