Veroordeelde Yengeni moet korrupsie ondersoek

Die verklaring van die ANC die afgelope week dat hul “geskok” is oor die vlakke van korrupsie in die land staan in skerp teenstelling met die daarstelling van ‘n werksgroep rondom misdaad en korrupsie.

Die persoon wat as voorsitter gaan optree is Toni Yengini – hy was skuldig bevind daaraan dat hy omkoopgeld ontvang het met die wapen transaksie in 2003 en in 2017 is hy skuldig bevind aan dronkbestuur.

Yengeni se aanstelling dra die goedkeuring weg van Cyril Ramaphosa, die man wat meeste burgers gehoop het dat hy die ANC en die land sal “skoonmaak” van bedrog en omkopery.

Dit blyk dat die lesse van die afgelope jare onder Jacob Zuma nie ter harte geneem is nie.