Universiteit van Zoeloeland ondersoek vir korrupsie

Die minister van hoër onderwys, Naledi Pandor, het ‘n onafhanklike forensiese ondersoek gelas by die universiteit van Zoeloeland. Dit sluit glo die aanstelling in van die visekanselier prof Xoliswa Mtose in.

Daar is na bewering sewe gevalle van korrupsie wat aangemeld is by die departement.

Die aanstelling van die instelling se prokureurs, tender onreëlmatighede en die grade-vir-kontant skema is van die bewerings wat ondersoek sal word.

Alhoewel die bestuur van die universiteit al die klagtes intern hanteer het is daar klaarblyklik nie genoegsame rede om die bevindings te aanvaar nie.