Trump wil VSA ruimte belange beskerm

President Donald Trump van Amerika het gesê ’n nuwe Amerikaanse mag moet gevestig word as die sesde vertakking van sy militêre struktuur om as onafhanklike militêre entiteit wat sal poog om die VSA se belange en ook dié van alle ander nasies in die ruimte te beskerm.

Hiermee het president Trump ’n nuwe era van ruimte beleid ingelei wat ondermeer ook sal toesien om satelliete in die ruimte te beskerm teen moontlike aanvalle.

Hy het na die nuwe rigting verwys as die daarstelling van ’n “ruimte weermag” wat satelliete en selfs ruimtetuie en robotte moet beskerm.

Ruimte deskundiges het reeds etlike jare gelewe hulle kommer uitgespreek oor die onbewaakte satelliete in die ruimte wat uiters noodsaaklike diens verrig in die hedendaagse hoogs ontwikkelde tegnologies gedrewe stelsels.

Hy sê dit word ook nodig om Amerikaanse toerusting in die ruimte te merk as Amerikaans eiendom, en daardie toerusting moet behoorlike beskerming geniet teen aanvalle van vyandelike magte.

Hy sê hy sal nie wil sien dat ander moondhede soos Sjina en Rusland die voortou neem met so ’n proses nie.