Trump invloed suurdeeg na Parys

Kort nadat president Donald Trump van Amerika bekendgemaak het dat die VSA onttrek uit die Iran kernwapen ooreenkoms, het verskeie leiers, waaronder die Franse president, hulle misnoeë te kenne gegee met die besluit.

President Trump het aangevoer dat die verdrag van weinig betekenis is en Iran steeds by magte is om kernwapens te vervaardig.

Die jongste verklaring deur Iran dat hy sy produksie van verrykte uraan gaan vergroot, en dit gaan doen in lyn met die Internasionale kernkrag ooreenkoms, het klaarblyklik die wêreldleiers wakker geskud.

President Macron het erken teenoor die Israelse eerste minister, Benyamin Netanyahu, dat die Iran ooreenkoms onvoldoende is en hersiening vereis.

Dit is die derde keer dat die twee leiers samesprekings voer sedert Julie 2017, en die onderwerp van bespreking is hoofsaaklik gerig op die Iran ooreenkoms

Foto – President Macron en Benyamin Netanyahu,